Wednesday, August 18, 2010

TEGNOLOGIE IN DIE KLASKAMER

Met die samelewing van vandag het ons daaglikse gebruik van tegnologie baie verander.
Dus moet daar aanpassings in skole gemaak word wat tegnologie aan betref.  Kinder word nou van kleins af groot met tegnologie rondom hulle.  Dit wil sê dat wanneer kinders die dag met hul skoolloopbaan begin, die klasomgewing rondom hulle vir hulle die geleentheid moet bied om tegnologie te gebruik om te leer.

Tegnologie kan baie effektief in die Grondslagfase gebruik word.  Grondslagfase leerders is tussen die ouderdom van 6 tot 9 jaar (Gr. R-3), maar hulle is alreeds baie bewus van die nuutste tegnologie. Hulle sal dit baie geniet as daar byvoorbeeld van die tegnologie geïntegreer word in hulle klasse.

Byvoorbeeld in Gr.R is daar altyd 'n storietyd.  Die onderwyser kan hierdie tyd vir die leerders interessant maak deur vir hulle 'n storie wat op die internet is te wys op 'n laptop.  Dit sal vir die leerders 'n hele ander ervaring bied as wanneer 'n boekie vir hulle voorgelees word. 




Ek dink dit is belangrik dat Grondslagfase onderwysers moeite moet doen om die klasomgewing vir leerders interessant te maak met tegnologie!!!

2 comments:

  1. Dit is 100% waar. Leerders wat groot word in vandag se samelewing is baie meer gefokus op tegnologie. Hulle vind rekenaars baie interessant. Die ou tradisionele manier van onderrig vind hul baie keer as oninteressant en vervelig. As daar rekenaars in gebring word tydens ‘n les gaan dit dadelik hul verbeelding prikkel en hulle gaan op en wakker wees!!!

    ReplyDelete
  2. ja jeandri...die kinders sal mal daaroor wees as hulle stories sal kan sien! Dit baie oulik, want skep geleentheid vir imand wat minder bevoorreg is om ook tegnologie te ervaar!

    ReplyDelete